get app
Inscrição
Iniciar sessão
About this concert
Indoors
Encontre um lugar para ficar
Upcoming concerts from similar artists
Live Photos
Ver todas as fotos
What fans are saying
Ané
9 de abril de 2022
Such an amazing artist and person
Bedfordview, South Africa@Bailey's Bedfordview
Descubra mais artistas para seguir e sincronize suas músicas
Encontre seus favoritos
Compartilhar evento
Demi Lee Moore Biography
Nadat sy in 2018, die harte van miljoene Afrikaners gesteel het tydens haar deelname aan die eerste seisoen van Die Kontrak, het Demi Lee Moore as die wenner van dié gewilde realiteitsprogram weggestap. Met die afloop van die kompetisie het Moore haar debuutalbum, Mis Eet Slaap Herhaal, vrygestel en dit het as geen verassing vir die publiek gekom dat dit binne tien dae na die uitreiking daarvan goue status behaal het nie, en in dieselfde asem wen sy vyf Ghoemas vir die einste album.
Demi was ook ’n mentor op die derde seisoen van die Die Kontrak, dieselfde program wat sy bykans vyf jaar gelede gewen het. Dis vir Demi ’n groot klop op die skouer om te kan sê dat haar protégé, Chris Steyn (Plakkies) as die wenner aangekondig is en onder haar mentorskap besig is om groot opslae in die bedryf te maak.
Met alombekende weergawes van “Neon Moon,” “Amanda,” “Lei My Na Die Water” en drie albums op haar kerfstok, het dié Country-sangeres ook ondermeer in 2023 ongelooflike sukses behaal met musiek vanuit haar eie pen. Moore se nuutste enkelsnit, Hart Breek, het binne een dag die nommer een posisie op die Apple Music Afrikaanse ranglys ingeneem en is skaars ’n maand oud gewees toe dit meer as 2 miljoen kyke op YouTube verower het. Demi sien uit na die uitreiking van haar splinternuwe kortspeelplaat en om nog verder die land plat te toer met haar musiek, met Barthlo, die liefde van haar lewe, aan haar sy.
Ler maisDemi was ook ’n mentor op die derde seisoen van die Die Kontrak, dieselfde program wat sy bykans vyf jaar gelede gewen het. Dis vir Demi ’n groot klop op die skouer om te kan sê dat haar protégé, Chris Steyn (Plakkies) as die wenner aangekondig is en onder haar mentorskap besig is om groot opslae in die bedryf te maak.
Met alombekende weergawes van “Neon Moon,” “Amanda,” “Lei My Na Die Water” en drie albums op haar kerfstok, het dié Country-sangeres ook ondermeer in 2023 ongelooflike sukses behaal met musiek vanuit haar eie pen. Moore se nuutste enkelsnit, Hart Breek, het binne een dag die nommer een posisie op die Apple Music Afrikaanse ranglys ingeneem en is skaars ’n maand oud gewees toe dit meer as 2 miljoen kyke op YouTube verower het. Demi sien uit na die uitreiking van haar splinternuwe kortspeelplaat en om nog verder die land plat te toer met haar musiek, met Barthlo, die liefde van haar lewe, aan haar sy.
Afrikaans
Seguir artista