Bandsintown
obtenir l'app
Inscription
Connexion
Inscription
Connexion

Industrie
ArtistesÉvénement Pros
AideConfidentialitéConditions
Billets, dates de tournée et concerts pour Len Muller

Len Muller

29 juil. 2022

15:00 UTC+2
J'y étais
Laisser une critique
Billets, dates de tournée et concerts pour Len Muller
Description du concert
KLIEK HIER vir jou unieke referral kode

Trouver un endroit où dormir

Programmation
Jay
26,1 k Fans
S'abonner
Leah
24,7 k Fans
S'abonner
Elvis Blue
15,6 k Fans
S'abonner
Refentse
9,1 k Fans
S'abonner
Juanita du Plessis
8,62 k Fans
S'abonner
Lianie May
3,5 k Fans
S'abonner
Arno Jordaan
2,4 k Fans
S'abonner
S'abonner
Len Muller
700 Fans
S'abonner
Ampie
541 Fans
S'abonner
MarulaBoom
398 Fans
S'abonner
Reen
279 Fans
S'abonner
Die Broers
198 Fans
S'abonner
S'abonner

Marchandise Bandsintown

Circle Hat
$25.0 USD
Live Collage Sweatshirt
$45.0 USD
Rainbow T-Shirt
$30.0 USD
Circle Beanie
$20.0 USD
Découvrez plus d'artistes à suivre & synchronisez votre musique
Trouvez vos favoris
musicSyncBanner

Partager l’événement

Biographie de Len Muller

Len Muller het Richardsbaai vir Pretoria se liggies verruil en oor ‘n tydperk van drie jaar sy oorspronklike material geskryf. Len se eerste EP Album getiteld, Len Muller, is in 2012 by Wynand Delport produksies opgeneem en dieselfde jaar nog uitgereik. Vir twee jaar skryf en werk Len aan sy debuut solo album, DOODGEWONE AVONTUUR, wat amptelik op 27 Mei 2015 uitgereik is. Tien splinternuwe liedjies wat beloof om vars, uitdagend en eie aan Len se skryfstyl te wees. Medeskrywers sluit die befaamde Stef Bos, Retief Burger (Luidkeels), Bouwer Bosch (Straatligkinders & Dans Dans Lisa), asook Jattie de Beer (Vertikaal & Douvoordag) in. Die uniekheid van die nuwe album kan ook toegeskryf word aan die insluiting van verskeie ander kunstenaars (Stef Bos, Joshua na die Reën en Janie Bay) wat saam met Len op van die liedjies sing. Gedurende Augustus 2014 is een van die liedjies, ‘Smag na Jou’, landswyd aan radiostasies uitgereik en die reaksie was en is stééds oorweldigend. Die liedjie pryk nog op talle radiostasies se treffer parades en was ook vir verskeie weke op GrootFM se ‘Groot 20’’. Die konsep vir die musiekvideo van ‘Smag na Jou’ is geïnspireer deur die behoefte om die boodskap van die lied op die beste manier oor te bring, maar ook om vir Len Muller bekend te stel. Om hierdie begeertes ‘n werklikheid te maak was dit ‘n voorreg om saam met die baie kreatiewe span van Duck Soup Productions (www.ducksproductions.com) te werk. Jana van Deventer en haar man, Eugene, se sterkpunt is juis konsepontwikkeling en was hulle dus die perfekte vennote vir die vervaardiging van die musiekvideo vir ‘Smag na Jou’. Om Len se talent nog beter ten toon te kan stel was dit ‘n voorreg om saam met Raldo Mattheus (tjello- en basspeler), Fred de Meilon (trom speler) en goeie vriend, Leslie van Wyk (elektriese kitaar), te speel. Die video kan gereeld op kykNET, SABC2, ASTV, Tshwane TV en MK Skole Top 10, gesien word. ‘Smag na Jou’ musiek video: https://www.youtube.com/watch?v=KSmA5mZCPkA Een van Len se grootste drome het waar geword toe ‘Smag na Jou’ gekies is om een van die liedjies op die klankbaan van die nuwe Afrikaanse familie-film, STRIKDAS, te wees. Die film word tans landswyd in teaters vertoon en die lied is ook op die klankbaan van die film te koop. Nie net het ‘n klankbaan-droom van Len waar geword nie, maar ‘n groot eer het hom ook te beurt geval. Len is deur kykNET en Afri-visie genader om ‘n nuwe lied ‘Iets om in te Glo’ (geskryf deur Mynardt Smith) op te neem. Die liedjie het ‘n plek in die Top 10 finaal behaal waartydens Len die liedjie voor ‘n stampvol Grand West Casino opgevoer het. ‘n Indrukwekkende musiekvideo is ook van die liedjie gemaak en kan gereeld op kykNET en kykNET Musiek gesien word. Die lied word op 4 Mei 2015 amptelik aan radiostaties landswyd uitgereik en sal ook op Len se debuut album, DOODGEWONE AVONTUUR, beskikbaar wees: ‘Iets om in te glo’ musiek video: https://youtu.be/a97pro2M62Y “My lirieke is baie persoonlik, diep en eerlik. Dit kom byna netso uit my persoonlike joernaal. Ek wil graag hoop in mense se lewens insing en dié bemoedig wat deur swaar tye gaan. Ek is moeg vir veral Afrikaanse musiek sonder enige emosie. Ek glo ek het meer om oor te sing as net geld, meisies en goeie tye. Die mooiste liedjies vir my is die hartseer liedjies; want moeilike tye is ook deel van die lewe waardeur ons almal gaan”. – Len Muller Len het ook al die verhoog saam met van Suid-Afrika se bekendste kunstenaars gedeel. Dié kunstenaars sluit in; Jan Blohm, Die Straatligkinders, Dans Dans Lisa, Kaleidoskoop en Joshua na die Reën. KYK HIER NA ANDER VIDEOS VAN LEN MULLER: • ‘Heildronk’ - https://www.youtube.com/watch?v=Djm_Kh0Kka8
• ’Vrede (Mense Mense)’ - https://www.youtube.com/watch?v=bnqnG4_uy8c
• ‘Vir die een wat geval het’ - https://www.youtube.com/watch?v=y0tyOP-PVDI
Webtuiste: www.lenmuller.co.za
Twitter: www.twitter.com/lenniemuller
Facebook: www.facebook.com/lenmuller1
YouTube: www.youtube.com/lenniemuller
Publisiteit & Bemarking: STARBURST PROMOSIES Alishia van Deventer 083 635 4717 alishia@starburstmusic.co.za
Vir bespreekings kontak : bookings@lenmuller.co.za
Plus d'info
Afrikaans Akoestiese Folk Pop Musiek
Suivre cet artiste