You’ve got great taste.
Sign in to follow your favorite artists, save events, & more.
Sign In
Bandsintown
get app
Sign Up
Log In
Sign Up
Log In

Industry
ArtistsEvent Pros
HelpPrivacyTerms
Radio Kalahari Orkes Tickets, Tour Dates and Concerts

Radio Kalahari Orkes

Heroes Brackenfell
Unit 1A, Cape Gate Corner, Nitida Ave

Jun 26, 2025

8:30 PM GMT+2
Get Reminder
Book a Hotel
Radio Kalahari Orkes Tickets, Tour Dates and Concerts
Get Tickets
iTickets

Share Event

Radio Kalahari Orkes Biography

Sedert Radio Kalahari Orkes (RKO) se bekendstelling in 2005 KKNK, het hulle die harte en voete van die hele nasie landwyd opgeëis. Hulle navolgers is so wydversrpeid soos hulle musiek. Afrikaans, Engels, swart, Capies... almal word geraak en geamuseer deur die ‘orkes’. Voor in die koor is die geliefde stoepsitter van die Kalahari-oase, Boet (Ian Roberts). Hy lei die orkes in ’n lewendige, soms aweregse vertoning van die beste musiek wat Afrikaans sekerlik tans bied. Hulle kan sing! En mondfluitjie speel, riel, dans en kitare slaan... RKO was ’n treffer by Oppikoppi en Innibos. By die KKNK het mense agter hulle aangeloop van vertoning na vertoning. In Pretoria was elke optrede van RKO weke vooruit volbespreek. Die musiek is uniek en eg-Suid-Afrikaans, met invloede uit die hele skatkis van die land se kulture. Op die album word geen genre met rus gelaat nie, van goema tot rock; kwaito tot boeremusiek... en natuurlik nog vele meer. Die orkes se instrumente sluit in kitare, banjo’s, mandolien, mondfluitjie, kazoo, pennywhistle, viool, dromme... en die pragtige Krummelpoppies se agtergrondstemme. RKO beoog om binne die volgende paar maande hul volgende cd uit te bring en belowe om mense weer van hul stoele af te lig en op die dansvloer te kry. Die songs se lirieke draai ook nie doekies om nie. Die hele landskap van Suid-Afrikaner wees word ondersoek – van rugby tot affirmative action, van liefdesleed tot vleis-eet. Uit die pen van Ian Roberts kom ook ‘n skitterende lied oor die baasspeurder Piet Byleveld. Die manne agter meeste van die wysies is hoofsaaklik Dan Roberts en skrywer-joernalis Rian Malan, wat ook sy eie album Alien/Inboorling vrygestel het en met geweldige entoesiasme ontvang is. Malan het ook die Teaterstuk, Die Nagloper geskryf, wat handel oor die lewe van die 1930’s se boeremusiek-held, David de Lange. RKO sal in die toekoms ook hierdie opwindende nouveu-boeremusiek songs by hulle vertoning voeg - So, trek aan jou opskopskoene, want hier kom ʼn ding... Media-reaksie sover: ‘Hier kom ‘n ding!” – Dirk Jordaan, Beeld ‘Musiek wat begin by jou voete, dan inskop in jou lyf en uiteindelik beland in jou kop – Marguerite Robinson, Rapport Tydskrif ‘Die intelligentste inheemse musiek wat die land seker nog gesien het’ – Theunis Engelbrecht, Rapport ‘This is what truly mixed, indigenous South African music should sound like’ – Diane de Beer, Pretoria News ‘At last! Music that makes sense! I guarantee that you will not be able to sit still when they play’ – Charles de Olim, The Star ‘Young rockers, take note – these old ballies know some sh*t – SL Magazine Suid Afrikaanse Roots musiek
Read More
Folk
Afrikaans Folk
Roots Music
Follow artist