Bandsintown
get app
Sign Up
Log In
Sign Up
Log In

Industry
ArtistsEvent Pros
HelpPrivacyTerms
GE OR GE Tickets, Tour Dates and Concerts

GE OR GE

Eden Place
Eden Place, 437 N2, Kraaibosch

May 18, 2019

7:00 PM GMT+2
I Was There
Leave a Review
GE OR GE Tickets, Tour Dates and Concerts
About this concert
18 Mei 2019 Moedertaal:   Sandra Prinsloo Regie, teks en musiek deur Nico Scheepers. Die volgende aflewering in Sandra Prinsloo se driekuns van eenpersoon-produksies wat so beeldskoon voorafgegaan is met Die Naaimasjien en Oskar en die pienk tannie. Vir die derde keer vertel Prinsloo ‘n gewone mens se eenvoudige verhaal.   Nellie se verhaal.   ‘n Rou en hartroerende reis deur die lewe, gevul met liefde, humor en leed.   Asook die tragiese verlies aan woorde wat met dementia gepaard gaan.   Jy gaan lag, jy gaan huil. Tog te teatraal! 17 Julie 2019 3 Susters Met Lizz Meiring, Margit Meyer-Rödenbeck en Nicole Holm.   Teks deur Louis Pretorius en regie deur Tara Notcutt. Die OPTOG! kombi is op pad en drie van Suid-Afrika se beste aktrises sit die agtersitplek vól!   Kom reis saam met drie susters deur die slaggate en mynvelde van verhoudings, vrou- en ma-wees. Christine, Anel en Bianca se vlug na Thailand is vertraag. Dis Christine se 50ste verjaarsdag en dis die tweeling se geskenk aan haar.   Hoekom moet Anel en Bianca altyd inmeng?   'n Bord sushi sou net so goed gewees het.   Sy weet hulle is familie, maar hulle weet ook sy's bang vir vlieg. Terwyl die susters die tyd verwyl met kaarte, boeke, cappuccino’s en vlymskerp tonge, word lewenskeuses uitmekaar getrek en ou koeie opgegrawe.   Want hier sit hulle nou.   Die vlug is vertraag en sy's hoog op kalmeerpille.   Bianca is vas oortuig sy't hulle verlore ma gesien.   Anel praat met 'n aantreklike man.   Christine maak haar oë toe.   Sy droom van stilte.   Absolute stilte.   Sy wens partykeer haar man en seuns wil net verdwyn.   Sy mag dit nie dink nie, maar…   sê nou maar, sê nou maar Thailand is die antwoord.   Sal hulle ooit daar kom?   Of is almal net te vlugvoos? Tog te teatraal! 25 Oktober 2019 Karoo Suite:  Coenie de Villiers & Deon Meyer Coenie de Villiers en sy musikante spring weg met komposisies van sy skitterende nuwe album, Emoji, asook ’n paar bekende treffers.  Die laaste deel van die program bestaan uit die oorspronklike Karoo Suite, ’n musieksuite vir woord en lied, struktureel geskoei op Vivaldi se Vier Seisoene. Maar dis nie seisoene wat Deon Meyer in sy wonderskone teks belig nie:  dis die mense, die stories en die persoonlikheid van die Karoo.  Meyer, een van die suksesvolste skrywers in die spanningsgenre ter wêreld, is ook self op die verhoog as verteller.  De Villiers het die musiek gekomponeer. Die bykomende lekkerte is Meyer (ook ‘n fotograaf van internasionale gehalte) se asemrowende fotografie en projeksies wat ’n agtergrondtafereel vir dié multimedia-viering van woord, beeld en musiek skep. Tog te legendaries! OPTOG! word met trots moontlik gemaak deur King Price Insurance.
Show More

Find a place to stay

Bandsintown Merch

Circle Hat
$25.0 USD
Live Collage Sweatshirt
$45.0 USD
Rainbow T-Shirt
$30.0 USD
Circle Beanie
$20.0 USD
Easily follow all your favorite artists by syncing your music
Sync Music
musicSyncBanner

Share Event

GE OR GE

Follow artist