Bandsintown
get app
Sign Up
Log In
Sign Up
Log In

Industry
ArtistsEvent Pros
HelpPrivacyTerms
Coenie de Villiers Tickets, Tour Dates and Concerts

Coenie de Villiers

Feb 23, 2019

7:00 PM GMT+2
I Was There
Leave a Review
Coenie de Villiers Tickets, Tour Dates and Concerts
About this concert
23 Februarie - Karoo Suite Met Deon Meyer en Coenie de Villiers Coenie de Villiers en sy musikante spring weg met komposisies van sy skitterende nuwe album, 'Emoji', asook ’n paar bekende treffers. Die laaste deel van die program bestaan uit die oorspronklike 'Karoo Suite', ’n musieksuite vir woord en lied, struktureel geskoei op Vivaldi se 'Vier seisoene'. Maar dis nie seisoene wat Deon Meyer in sy wonderskone teks belig nie: dis die mense, die stories en die persoonlikheid van die Karoo. Meyer is ook die verteller op die verhoog. Dit is dié werk se debuutuitvoering. De Villiers het die musiek gekomponeer en die internasionaal bekende skrywer stel sy talent ten toon buite die spanningsgenre. Die bykomende lekkerte is Meyer se asemrowende fotografie en projeksies wat ’n agtergrondtafereel vir dié multimedia-viering van woord, beeld en musiek skep. Meyer is een van die suksesvolste skrywers in sy genre ter wêreld, maar ook ’n fotograaf van internasionale gehalte. OPTOG! word met trots moontlik gemaak deur King Price Insurance.
Show More

Find a place to stay

Bandsintown Merch

Circle Hat
$25.0 USD
Live Collage Sweatshirt
$45.0 USD
Rainbow T-Shirt
$30.0 USD
Circle Beanie
$20.0 USD
Easily follow all your favorite artists by syncing your music
Sync Music
musicSyncBanner

Share Event

Coenie de Villiers Biography

Coenie de Villiers is 'n Vrystater van geboorte. Hy studeer nagraads Kommunikasiekunde en Bemarking, maar van kindsbeen af is musiek vir hom 'n passie. Loopbaangewys bevind hy hom in die uitsaaiwese as omroeper, regisseur en programbestuurder by verskeie van die land se top radiostasies, as akademikus gee hy vir meer as 'n dekade klas in mediakunde, en was onder meer Kommunikasiebestuurder vir Anglo-American se gouddivisie. Hy het jarelange televisie-ervaring, en is tans anker-aanbieder van die program Kwêla op KykNET, die Afrikaanse televisiekanaal. Hy word in 2002 aangewys as beste Afrikaanse onderhoudvoerder in Suid-Afrika, en beskik ook oor 'n ARTES toekenning as beste Engels- en Afrikaanse programmaker in die radiobedryf. Later vorm hy deel van die konsortium wat die radiostasie OFM (voorheen bekend as Radio Oranje) by die SABC koop. Hy word aangestel as direkteur in 'n reklamemaatskappy in Johannesburg, en is tans Hoofbestuurder van Eliance Communication, wat deel uitmaak van die gelyste McCarthy Groep van maatskappye in Suid-Afrika.

Coenie is egter allerweë bekend as een van Suid-Afrika se beste komponiste en woordkunstenaars. Sy elf albums het verskeie toekennings gewen, en die nuutste album ZEN is tans genomineer as beste album in Afrikaans. Verskeie van Suid-Afrika se voorste musikante het reeds saam met hom op sy albums en ook op die verhoog verskyn, o.a. Leslie Rae Dowling, Laurika Rauch, David Kramer, Jonathan Butler en Sipho Gumede. Hy het die album AMPER ALLEEN in Griekeland opgeneem, en het reeds opgetree in Nieu-Seeland, Australië, België, Holland, Engeland en Kanada. As sanger en klavierkunstenaar is kritici dit eens dat hy min gelyke het, maar dit is as liedjieskrywer dat Coenie hom werklik tuisvoel. Dit is veral sy Afrikaanse liriek wat dikwels met van die beste ter wêreld vergelyk word. Hierdie jaar vier Coenie de Villiers twintig jaar in die musiekbedryf.
Read More
Follow artist